fbpx

Latest News

Share

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email

Sjokoladedriehoeke

Genoeg vir 12-24 koekies

Hierdie is seker die heel basiese vorm van koekies; ek dink nie eens jy kan hom ’n koekie noem nie, maar al sien hy nooit die oond nie, belowe ek jou hy verskaf net soveel vreugde soos sy gebakte susters. My ma het die manier gehad om hierdie koekie in elke liewe vorm en fatsoen moontlik voor te sit. Sy was gedurig op soek na nuwe panne of vorms om die koekie in te stol en dan op te sny. Sy sou bakke vol van hulle maak en dit dan op bystand hê vir die kinders wat so lief was vir my ma. Dis goedkoop en maklik om te maak, maar smaak soos ’n miljoen rand!

• 60 ml donker kakao
• 500 g (950 ml) versiersuiker
• 250 g (270 ml) sagte botter
• 1 eier
• 1 x 200 g-pak Marie-beskuitjies

Sif die kakao en versiersuiker twee keer saam (jy wil seker wees daar is geen klonte in die mengsel nie). Smelt die botter en voeg dit by die versiersuikermengsel. Voeg die eier by en meng goed. Sit die Marie-beskuitjies in ’n skoon plastieksak en slaan dit met ’n rolstok tot growwe krummels – nie te fyn nie, want dis wat die tekstuur aan die koekie gaan gee. Voeg die krummels by die sjokolademengsel en meng deur. Skep in ’n 20 x 20 cm-koekpan wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. (Of ’n driehoekige pan met dieselfde grootte.) Druk alles stewig vas in ’n egalige laag. Plaas vir 2-3 uur in die yskas om te stol. Keer uit en sny in skywe met ’n skerp mes.

WENK
Wil jy afshow? Smelt 100 g goeie donkersjokolade en doop die koekie daarin; strooi gekapte neute oor en laat stol.


Due to the current ban on alcohol sales we are not able to deliver but we can take your order. We will ensure that your delivery takes place once the ban has been lifted.

YOUR MOMENT. OUR WINE.

ORANGE RIVER CELLARS SUPPORTS THE RESPONSIBLE CONSUMPTION OF ALCOHOL

Are you of legal drinking age in your country of residence?