fbpx

Latest News

Share

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email

Mieliebrood

Genoeg vir 6

Wanneer my ma kos gemaak het, het sy nie net die geleentheid in ag geneem nie, maar seker gemaak dat alles wat op die spyskaart is elke gas gelukkig sal maak. Sy het geweet dat daar min dinge op die aarde is wat my pa se hart so gelukkig maak soos warm brood, botter en vyekonfyt. Daarom, wanneer ons op Hartenbos gebraai het, is hierdie mieliebrood gebak in ’n klein konveksieoond wat sy saamgery het. Die varsgebakte brood is dan baie netjies toegedraai in ’n donkergroen kombuisdoek en gelos om te stoom. Dit het die korsie effens versag, want my ma het geweet ek hou nie van harde korsies nie …

• 4 eiers
• 125 ml melk
• 45 ml strooisuiker
• 30 ml olyfolie
• 250 ml mieliemeel
• 5 ml bakpoeier
• 30 ml koekmeel
• 5 ml sout
• 1 x 410 g-blik geroomde
suikermielies (sweetcorn)
• 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

Verhit die oond tot 180 ºC. Klits die eiers, melk, suiker en olie saam en voeg die mieliemeel, bakpoeier, koekmeel en sout by. Roer die suiker-en pitmielies by. Die beslag is baie slap, maar dis reg so. Skep in ’n 14 x 24 cm-broodpan wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is en smeer gelyk bo. Sit in ’n warm oond en bak vir 45 minute tot 1 uur of tot die brood hol klink as jy liggies daaraan klop. Keer uit, draai toe in ’n kombuisdoek en laat afkoel. Sit voor met botter en vyekonfyt.


YOUR MOMENT. OUR WINE.

ORANGE RIVER CELLARS SUPPORTS THE RESPONSIBLE CONSUMPTION OF ALCOHOL

Are you of legal drinking age in your country of residence?