fbpx

Latest News

Share

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email

Macaroni en Kaas

Genoeg vir 6

My ma het gereeld vir ons as kinders macaroni-en-kaas gemaak. En al was dit net eenvoudige witsous, macaroni, soms worsies, tamatie en kaas, was dit heerlik. Ek het hierdie weergawe altyd gemaak as hulle kom kuier het. Dis vol luukse geure soos Spaanse chorizo. My ma kon nooit genoeg hiervan inskep nie. En as haar bord leeg was, het sy altyd teruggesit in haar stoel en dan baie tevrede gesê: “Jis, ek het jou darem maar mooi geleer, nè!”

  • 300 g macaroni
  • 60 ml botter
  • 30 ml meel
  • 500 ml melk
  • 200 g (500 ml) gerasperde beleë cheddarkaas
  • 2 eiergele
  • 225 g chorizo, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 ml gerasperde parmesaankaas
  • 200 g broodkrummels

Verhit die oond tot 180 ºC. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Maak intussen die sous: Smelt die botter in ’n middelslag-pot en voeg die meel Roer met ’n draadklitser totdat die botter die meel geabsorbeer het. Voeg al die melk met een slag by en klits totdat al die meel in die melk versprei is. Hou aan met klits oor lae hitte totdat die witsous dik en gaar is (so 5-10 minute). Verwyder van die hitte en voeg die cheddarkaas en eiergeel by. Roer totdat die kaas smelt. Voeg die chorizo by. Dreineer die pasta en meng die sous daardeur; geur met sout en peper. Keer uit in ’n 22 cm- losboomkoekpan, strooi die parmesaankaas en broodkrummels oor en bak vir 15 minute of tot goudbruin. Laat effens afkoel en verwyder ring.


Due to the current ban on alcohol sales we are not able to deliver but we can take your order. We will ensure that your delivery takes place once the ban has been lifted.

YOUR MOMENT. OUR WINE.

ORANGE RIVER CELLARS SUPPORTS THE RESPONSIBLE CONSUMPTION OF ALCOHOL

Are you of legal drinking age in your country of residence?