fbpx

Latest News

Share

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email

HERMAN SE BOEK BEKEND STELLING

’n Trotse en unieke versnit van die Noord-Kaap is Herman Lensing en Orange River Cellars snoer nou kragte saam met dié Kalahariseun.

Herman stel sy vierde boek, Dit proe soos huis, op 19 Oktober in Wellington bekend by ’n eksklusiewe geleentheid, waarvan Orange River Cellars die wynborg is.

“Omdat hierdie boek se wortels in die Kalahari is, was daar geen twyfel by my dat die gaste dit met uitsoekwyne van die Noord-Kaap moet vier nie,” sê Herman, wat in 2005 aan die Hoërskool Duinveld matrikukleer het.

By die bekendstelling gaan daar nie net ’n keuse van Orange River Cellars se Lyra-wyne in gaste se glase wees nie, maar ook die gesogte kelderreeks se Omstaan Colombard en Regopstaan Sauvignon Blanc.

Meer oor Herman

Die 32-jarige Herman is ook nou al ’n dekade in die kollig nadat hy in 2009 op 22-jarige ouderdom as die kosredakteur van die glanstydskrif SARIE aangestel is na hy as sjef by die Institute of Cullinary Arts in Stellenbosch kwalifiseer het.

Sedertdien het Herman vir hom ’n naam gemaak as een van Suid-Afrika se toonaangewendste kosskrywers en is hy ook die afgelope paar jaar die redakteur van SARIE KOS. Boonop het die Mail & Guardian hom in 2016 as een van Suid-Afrika se 200 invloedrykste jong mense aangewys.

Verder het Herman al talle TV-reekse en -optredes op sy kerfstok, terwyl hy sy eerste boek Voorskoot op 26-jarige ouderdom in 2013 bekend gestel is. Dié topverkoper is in 2015 gevolg deur Nóg ’n Voorskoot en in 2017 het 30 die lig gesien om sy 30ste verjaarsdag te vier.

In Dit proe soos huis, waarvan daar ’n gelyknamige reeks op die gewilde Afrikaanse TV-kanaal VIA is, eer Herman Lensing sy ma Susan, wat skielik in Januarie 2019 in Upington oorlede is. (Herman se pa Harry woon steeds in Upington.)

Herman neem lesers in Dit proe soos huis op ’n kosreis – van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma ’n resepkinkel of twee kon leer.

Volgens Herman het Susan Lensing almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied. Haar leuse was: “My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wêreld een bord op ’n slag mooier maak.”

Dié pragfotoboek vol onthou¬resepte is ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was.

Due to the current ban on alcohol sales we are not able to deliver but we can take your order. We will ensure that your delivery takes place once the ban has been lifted.

YOUR MOMENT. OUR WINE.

ORANGE RIVER CELLARS SUPPORTS THE RESPONSIBLE CONSUMPTION OF ALCOHOL

Are you of legal drinking age in your country of residence?