Oranjerivier Wynkelders is ‘n gevestigde onderneming met vyf wynkelders, drie sapkelders en ‘n druifkonsentraat aanleg geleë langs die Oranjerivier. Die kelder beskik oor ‘n vakature vir ‘n dinamiese, opgeleide persoon as wingerdkundige.

 

WINGERDKUNDIGE

 

‘n Tersiêre graad-kwalifikasie met wingerdkunde as hoofvakrigting moet gerugsteun word deur goeie kommunikasievaardighede terwyl vorige ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking in u guns sal tel.

 

Dit sal u taak wees om wynprodusente van kundige bestuursadvies te voorsien en onder meer behulpsaam te wees met hul keuses van kultivars, grondvoorbereiding, bemesting, prieelstelsels, besproeiing, snoei, lowerbestuur, die behandeling van siektes en plae, asook die finansieel voordeligste boerdery metodes. U sal verder verantwoordelik wees vir die selektering en kwaliteitsmonitering van wingerdblokke vir spesifieke handelsmerk-produkte, asook die opbou en byhou van ‘n dienooreenkomstige databasis. Die implementering van IPW, WIETA, die byhou van blokrekords en die kultivarriglynprogram, oesberamings, wingerdevaluasies, asook laboratoriumgedrewe gehaltebeheer van sap en wyn, vorm alles deel van hierdie uitdagende geleentheid.

 

Oranjerivier Wynkelders bied geleentheid vir loopbaan groei en ontwikkeling asook ʼn markverwante vergoedingspakket wat vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding.  Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in:

 

–           lidmaatskap tot ‘n uitstekende aftree- en mediesefonds,

–           ruim verlof, asook

–           ‘n jaarlikse bonus.

 

Rig aansoeke met ‘n volledige CV en afskrif van ID aan: Die Groep Menslike Hulpbronnebestuurder

 

Aansoeke kan gefaks word na (054) 3324408 of per e-pos gestuur word aan: hr@owk.co.za Vir meer inligting kan u met Henning Burger skakel by die hoofkantoor van Oranjerivier Wynkelders in Upington by telefoonnommer  (054)  3321923.

 Sluitingsdatum vir aansoek: 28 Junie 2017

Kandidate wat geen reaksie ontvang vier weke na die sluitingsdatum nie, kan aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was.


Copyright © 2017

Professional Web Site Design