Oranjerivier Wynkelders, ʼn gevestigde onderneming met vyf wynkelders, drie sapkelders en ʼn druiwesap konsentraat aanleg, geleë langs die Oranjerivier, waar ʼn reeks voortreflike wyne berei word benodig die dienste van ʼn verantwoordelike persoon om die volgende posisie in Upington te beklee:

 

                         VERPAKKINGSBEAMPTE: PET en BIB VERPAKKING

 

Die geskikte kandidaat het minstens matriek en moet oor die nodige tegniese en toesighoudende vaardigheid en/of ondervinding beskik om die produksie van gebotteleerde voorraad te koördineer en verspreiding na afsetpunte regoor Suid Afrika en Namibië te behartig. ʼn Kode E/EB bestuurslisensie is ʼn verdere vereiste. Ondervinding en ʼn kwalifikasie in ʼn soortgelyke pos sal as aanbeveling dien.

 

Sleutel prestasie areas is:

 

  • Kontrole oor produksieprosesse;
  • Toesighouding en beheer oor personeel in die afdeling, skofte en oortyd;
  • Beperkte tegniese instandhouding van botteleringstoerusting;
  • Data vaslegging op WineMS en van versending en ontvangs prosesse;
  • Uitreik van relevante dokumentasie;
  • Onderhoud van ISO 22000 standaarde;
  • Administrasie verbonde aan posisie.

 

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en sal vasgestel word in ooreenstemming met kwalifikasies en ondervinding. Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in:   

 

 –          lidmaatskap tot ʼn uitstekende aftree- en mediesefonds,

–           ruim verlof, asook

–           ʼn jaarlikse bonus.

 

Rig aansoeke met volledige CV aan: Die Groep Menslike Hulpbronbestuurder:

Posbus 544

Upington

8800

 

Aansoeke kan gefaks word na (054) 3324408 of per e-pos gestuur word aan:  hr@owk.co.za

 

Vir meer inligting kan u met Danie Vollgraaff skakel by telefoonnommer 054 3378800

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 April 2017


Copyright © 2017

Professional Web Site Design