Die feesseisoen gaan oor lekker familiekuiers, lekker eet en natuurlik Kersfees. Daar is egter kinders in ons omgewing wat nie deel in die vreugde van Kersfees nie, en daarom het Orange River Cellars die VAATJIES VOL VREUGDE projek in samewerking met Kalahari Mall op Saterdag 30 November gedoen.

Mense kon ‘n geskenk van slegs R25.00 aan ‘n kind koop en dit dan by ons ruil vir ‘n bottel wyn van hul keuse. Ons het die geskenke in 2 halwe vaatjies gesit en het die dag so altesaam 137 geskenke ingesamel. Die tafel en vaatjies is deur werknemers van Orange River Cellars beman.

Die geskenke is aan die Gordonia Lionsklub gegee vir hul Kersprojek asook aan Jogébed Babahuis in Upington wat op hierdie stadium 7 kinders en 6 babas huisves.

Hiermee dra ons daartoe by om 137 behoeftige kinders se harte bly te maak met ‘n geskenk vir Kersfees.


Copyright © 2017

Professional Web Site Design