KAKAMAS HOU BLINK BEKERS BO OP ORANJE-VAAL JONGWYNSKOU

Orange River Cellars se Kakamas-kelder het met die louere weggestap op vanjaar se Jongwynskou vir die Oranje-Vaal-gebied wat die afgelope naweek by die Lake Grappa-oord tussen Kakamas en die Augrabies-valle gehou is. Die span van Kakamas is met die Orange River Cellars Wisseltrofee bekroon vir die lewering

Orange River Cellars se Kakamas-kelder het met die louere weggestap op vanjaar se Jongwynskou vir die Oranje-Vaal-gebied wat die afgelope naweek by die Lake Grappa-oord tussen Kakamas en die Augrabies-valle gehou is. Die span van Kakamas is met die Orange River Cellars Wisseltrofee bekroon vir die lewering van die 12 beste wyne op vanjaar se streeks-jongwynskou. Kakamas het vroeër vanjaar ook ‘n twee medaljes op die Nasionale Jongwynskou gewen met skitterende Muskadel-wyne.

 Op die Oranje-Vaal Jongwynskou het Kakamas 16 Klaswenner-wyne opgelewer. Keimoes het die Windmeul Projects Wisseltrofee gewen vir die Tweede Beste Prestasie Algeheel met sy prestasie van 23 Klaswenners en nege goue medaljes.

 Benewens die Orange River Cellars Wisseltrofee vir Beste Prestasie op vanjaar se Jongwynskou, het Kakams die volgende trofees gewen: Die Hotel Waterwiel Kakamas Wisseltrofee vir Kampioen Droëwit Tafelwyn,  FNB Wisseltrofee vir Reserwe Kampioen Natuurlike Soet Witwyn, die CJP Chemicals Wisseltrofee vir Reserwe Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn, die Jacobsdal Wisseltrofee vir Kampioen Muskaat Versterkte Wyn, die Gys von Wiellingh Wisseltrofee vir Kampioen Droëwit Tafelwyn, die Absa Bank Wisseltrofee vir Kampioen Rooi Tafelwyn, die Della Toffola Wisseltrofee vir Kampioen Versterkte Tafelwyn, die Empro Wisseltrofee vir Drie Beste Wyne en die Bacchus Wisseltrofee vir Algeheel Beste Wyn.

Volgens Bolla Louw, kelderbestuurder by Kakamas, is die kelder se prestasie ‘n refleksie van Orange River Cellars se vermoë om hoë gehalte wyn van hoë-drag wingerde te maak.

 “Die toekenning vir Beste Kelder by die Oranje-Vaal Jongwynskou is as gevolg van ‘n ware spanpoging,” het Louw gesê. “Die wingerdboukundiges en die produsente sorg vir groot volumes top-gehalte druiwe – oor die 41 000 ton druiwe is vanjaar op Kakamas gepars. En in die kelder doen die span wynmakers uitmuntende werk deur onder groot druk gehalte eerste te produseer. Als word ook ondersteun deur militêre presisie in die beplanning en uitmuntende logistieke ondersteuning. Kakamas se oorwinning is dus nie net ‘n oorwinning vir Kakamas nie, maar vir Orange River Cellars in sy geheel, en ons kan baie trots wees in die produk wat ons aan die belangrikste speek in die wiel – naamlik die verbruiker – bied.”  

Trofeewenners:

 RESERWE KAMPIOEN DROë TAFELWYN

HOTEL WATERWIEL KAKAMAS WISSELTROFEE

KLAS 21 (MORIO MUSKAAT)

OWK KAKAMAS

RESERWE KAMPIOEN NATUURLIKE SOET WITWYN

FNB WISSELTROFEE

KLAS 26 (MORIO MUSKAAT/COLOMBAR)

OWK KAKAMAS

RESERWE KAMPIOEN ROOI TAFELWYN

ORANJERIVIER TENKERS WISSELTROFEE

KLAS 46 (RUBY CABERNET/SHIRAZ/PETIT VERDOT)

OWK KEIMOES

RESERWE KAMPIOEN NIE-MUSKAAT VERSTERKTE WYN

CJP CHEMICALS WISSELTROFEE

KLAS 76 (CAPE RUBY)

OWK KAKAMAS

RESERWE KAMPIOEN MUSKAAT VERSTERKTE WYN

JACOBSDAL WISSELTROFEE

KLAS 81 (WIT MUSKADEL)

OWK KAKAMAS

KAMPIOEN DROë WIT TAFELWYN

GYS VON WIELLINGH WISSELTROFEE

KLAS 3 (CHENIN BLANC/MORIO MUSKAAT)

KAMPIOEN NATUURLIKE SOET WITWYN

OMDRAAI LANDGOED WISSELTROFEE

KLAS 41 (NATUURLIKE SOET COLOMBAR)

OWK KEIMOES

KAMPIOEN ROOI TAFELWYN

ABSA BANK WISSELTROFEE

KLAS 48 (CABERNET SAUVIGNON/SHIRAZ/MERLOT)

OWK KAKAMAS

KAMPIOEN NIE-MUSKAAT VERSTERKTE WYN

DOUGLAS WISSELTROFEE

KLAS 79 (WIT PORT)

OWK GROBLERSHOOP

KAMPIOEN MUSKAAT VERSTERKTE WYN

DELLA TOFFOLA WISSELTROFEE

KLAS 82 (WIT MUSKADEL)

OWK KAKAMAS

BESTE PRESTASIE OP WIT ONVERSTERKTE WYN

BOTLERS EN PACKERS WISSELTROFEE

6 BESTE WYNE

OWK KAKAMAS

BESTE PRESTASIE OP ROOI ONVERSTERKTE WYN

WARREN CHEM WISSELTROFEE

4 BESTE WYNE

OWK KEIMOES

BESTE PRESTASIE OP VERSTERKTE WYN

EMPRO WISSELTROFEE

3 BESTE WYNE

OWK KAKAMAS

KWV NOMINASIE

KWV WISSELTROFEE

5 BESTE WYNE GENOMINEER

OWK KEIMOES

TWEEDE BESTE PRESTASIE ALGEHEEL

WINDMEUL PROJECTS WISSELTROFEE

12 BESTE WYNE

OWK KEIMOES

ALGEHEEL BESTE WYN

BUCHUS WISSEL TROFEE

KLAS 82 (WIT MUSKADEL)

OWK KAKAMAS

BESTE PRESTASIE ALGEHEEL

ORANJERIVIER WYNKELDERS WISSELTROFEE

12 BESTE WYNE

OWK KAKAMAS

 

 Foto geneem deur: Gemsbok

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

         

 

 

 

 

 

         

 

      

 

 

 

 

     

 

 

 

 

  

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

     

 

 

 

 

          

 

 

  

 

 

 

 

      

 

 

 

     

 

 

 


Copyright © 2017

Professional Web Site Design