Oranjehof Ouetehuis oorhandiging-sm

Die Orange River Cellars, in samewerking met die Upington-Tafelronde 79, het verlede Dinsdag R19000 aan die Oranjehof-tehuis vir bejaardes oorhandig. Read More


Die feesseisoen gaan oor lekker familiekuiers, lekker eet en natuurlik Kersfees. Daar is egter kinders in ons omgewing wat nie deel in die vreugde van Kersfees nie, en daarom het Orange River Cellars die VAATJIES VOL VREUGDE projek in samewerking met Kalahari Mall op Saterdag 30 November gedoen.

Mense kon ‘n geskenk van slegs R25.00 aan ‘n kind koop en dit dan by ons ruil vir ‘n bottel wyn van hul keuse. Ons het die geskenke in 2 halwe vaatjies gesit en het die dag so altesaam 137 geskenke ingesamel. Die tafel en vaatjies is deur werknemers van Orange River Cellars beman.

Read More


mandela-day-051

Orange River Cellars het op Mandeladag 67 minute van welwillendheid by Gordonia Hospitaal in Upington spandeer. Martha Augustyn en Jorine van Niekerk van Orange River Cellars se hoofkantoor het mussies aan pasiënte uitgedeel en het sodoende baie vreugde verskaf aan veral die kinderpasiënte.


Copyright © 2017

Professional Web Site Design