Oranjerivier Wynkelders is ‘n gevestigde onderneming met vyf wynkelders, drie sapkelders en ʼn druifkonsentraat aanleg geleë langs die Oranjerivier, waar ‘n reeks voortreflike wyne berei word.

Die volgende posisie bestaan by ons Depot in Kuruman:

BEMARKING VERTEENWOORDIGER: KURUMAN

Oranjerivier Wynbemarkers benodig die dienste van ‘n energieke, verantwoordelike en emosioneel volwasse persoon met uitstekende interpersoonlike vaardighede wat ons produkte aktief kan bemark.

 Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

  •        Behoud en uitbreiding van kliënte basis deur kliente te diens op ʼn geskeduleerde basis;
  •        Hantering van promosies, wynskoue en ander sosiale geleenthede ten einde kliente basis uit te brei en markaandeel te              groei;
  •        Diens van winkels en afsetpunte ten einde verkoopsvolume te verhoog;
  •        Rak en uitstal versorging by kliënte en verkooppunte;
  •        Skakeling en koördinering met verspreidingsagente;
  •        Verslagdoening, monitering en administratiewe verantwoordelikhede verwant aan die pos.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie in bemarking en verkope, is rekenaarvaardig, kan outonoom werk en beskik oor ‘n geldige rybewys.

Oranjerivier Wynkelders bied:          
–           ʼn  Markverwante basiese vergoeding;                                                          
–           Prestasiegedrewe vergoeding (kommissie);

–          Lidmaatskap tot ‘n aftreefonds.

Rig u aansoeke met ʼn aansoekbrief en volledige CV aan:

Die Groep Menslike Hulpbronbestuurder:

Oranjerivier Wynkelders

Posbus 544

Upington

8800


of per e pos aan hr@owk.co.za  vir aandag Auret Nagel.

 

Vir meer inligting kan u met Koos Visser  skakel by telefoonnommer 054  337 8800 tydens kantoor ure.

Sluitingsdatum vir aansoeke:  16 September 2016.

Kandidate wat geen terugvoering ontvang binne drie weke na bogenoemde sluitingsdatum nie, kan aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was.


Copyright © 2017

Professional Web Site Design